Veiligheidsplate vir agter 'n deur
Toughen-Up se 2 mm plaat stop die meeste handwapens. Monteer die plaat aan die binnekant van jou deur en kyk, iemand sal jou nie sommer deur die deur skiet nie. Die plaat word van 6mm gate voorsien waarmee dit aan die binnekant van 'n deur vasgeskroef word. Weerskante van die plaat kan mens ook skuifslotte insit wat dit dan verskriklik moeilik maak om die deur oop te breek. In 'n sekere sin is dit beter as 'n traliedeur. ’n Traliedeur steek nie weg wat agter die deur is nie en die inbreker kan sien wat aan die ander kant aangaan, waar ’n gewone deur met die plaat en skuifslotte jou wegsteek en jou ook die geleentheid bied om die inbreker te verras.
As jy aan 'n verdere aansoek dink, skakel ons gerus sodat ons jou kan bystaan met jou ontwerp.